Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 15:7-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. U is geweldig hoog. U verpletter hulle wat U probeer teenstaan.U woede bars los, U verwoes hulle soos vuur wat gras verbrand.

8. U het op die water geblaas en dit het opgedam!Die water het opgestapel soos ’n muur;waters in die middel van die see het soos ys gestol.

9. Die vyand het gesê: Ek sal hulle agternasit;ek sal hulle inhaal en vernietig,ek sal hulle plunder;ek sal my op hulle wreek,ek sal my swaard uitpluk;ek sal hulle met geweld verwoes.

10. Toe U op die see geblaas het,het die see oor hulle gespoel.Hulle het soos lood gesink in die massas water.

11. Wie van die gode kan met U vergelyk word,Here?Wie is so hoog en heerlik soos U?Wie is so vreesaanjaend groot?Wie kan sulke wondere doen soos wat U laat gebeur?

12. U het u regterhand uitgesteek, die aarde het u vyand ingesluk.

13. Hierdie volk wat U gered het, lei U met liefde.U sal hulle lei met u krag na die plek waar u Naam heers.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 15