hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34

Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Oproep tot ’n heelhartige

verbintenis

1. “Dit is die bevele, voorskrifte en bepalings wat die Here julle God aan my meegedeel het om vir julle te leer. Die bedoeling hiervan is dat julle Hom gehoorsaam kan wees in die land wat julle nou binnegaan en in besit gaan neem.

2. “Jy, jou kinders en jou kleinkinders moet die Here dien so lank as wat jy lewe. As jy al sy voorskrifte en bevele gehoorsaam, sal jy ’n lang lewe geniet.

3. Luister noukeurig daarna, Israel, dat jy dit kan doen sodat met jou goed kan gaan en jy baie kinders kan hê. Die Here God het aan jou voorouers ’n baie vrugbare land beloof.

4. “Luister, Israel! Die Here ons God is die enigste Here.

5. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou hele siel en met al jou krag.

6. Jy moet jouself heelhartig verbind aan die gebooie wat ek vandag vir jou gee.

7. Skerp hierdie woorde by jou kinders in en praat met hulle daaroor by die huis en wanneer jy op pad is, wanneer jy gaan lê en wanneer jy opstaan.

8. Bind dit aan jou hande vas as ’n herinnering en dra dit op jou voorkop.

9. Skryf dit op die deurkosyne van jou huis en teen jou stadspoorte.

10. “Die Here jou God bring jou binnekort in die land wat Hy aan jou voorouers Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het. Dit is ’n land met groot en mooi stede, stede waaraan jy nie gebou het nie.

11. Die huise is vol met goeie goed waarvoor jy nie gewerk het nie. Jy sal water skep uit putte wat jy nie self gegrawe het nie. Jy sal van wingerde en olyfbome eet wat jy nie self geplant het nie. Wanneer jy jou in die land versadig geëet het,

12. sorg dan dat jy nie die Here vergeet nie. Dit is Hy wat jou van die slawerny in Egipte gered het.

13. Betoon eerbied aan die Here jou God en dien Hom. Wanneer jy ’n eed sweer, mag jy net sy Naam gebruik.

14. “Jy mag geeneen van die gode van die naburige nasies aanbid nie,

15. want die Here jou God wat naby jou is, is ’n God wat onverdeelde lojaliteit vereis. As jy ander gode aanbid, sal sy woede teen jou opvlam en Hy sal jou van die aarde af wegvee.

16. “Moenie die Here julle God beproef soos julle by Massa gedoen het nie.

17. Julle moet al die bevele van die Here julle God, al die vereistes en voorskrifte wat Hy vir julle gegee het, noukeurig gehoorsaam.

18. Doen wat reg en goed is vir die Here sodat dit met jou goed mag gaan en jy die land in besit kan neem wat die Here plegtig aan jou voorouers beloof het.

19. Jy sal al die vyande uitdryf wat nou in jou land bly, net soos die Here gesê het.

20. “As jou kinders jou in die toekoms vra: ‘Wat beteken al hierdie vereistes, voorskrifte en bepalings wat die Here ons God vir ons gegee het om na te kom?’

21. dan moet jy vir hulle vertel: ‘Ons was slawe van die farao in Egipte, maar die Here het ons met sy krag uit Egipte gered.

22. Voor ons oë het die Here tekens en wonders gedoen – onheilspellende dinge het met die farao en Egipte gebeur.

23. Hy het ons uit Egipte gered sodat Hy ons die land kan gee wat Hy plegtig aan ons voorouers beloof het.

24. Die Here ons God het ons beveel om al die voorskrifte te gehoorsaam, om die Here ons God te eerbiedig sodat ons voorspoedig kan wees en bly lewe soos dit tans is.

25. Wanneer ons al die bepalings gehoorsaam wat die Here ons God gee, sal ons regverdig wees.’”