hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34

Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Dit kan wees dat twee mans ’n dispuut hof toe neem en die regters verklaar dat die een reg is en die ander een verkeerd.

2. As die een wat verkeerd is tot lyfstraf gevonnis word, is die regter die een wat hom moet beveel om te lê sodat hy in die teenwoordigheid van die regter soveel houe geslaan kan word as wat toepaslik is vir die oortreding.

3. Dit mag nooit meer as 40 houe wees nie. Meer as 40 houe sal jou naaste in die openbaar verneder.

4. “Moenie ’n os se bek toebind wanneer hy graan dors nie.

5. “Wanneer twee broers saamwoon en een van hulle sterf sonder ’n seun, mag sy weduwee nie buite die familie trou nie. Haar man se broer moet met haar trou en die plig van ’n swaer nakom.

6. Die eerste seun aan wie sy dan geboorte gee, sal beskou word as die seun van die oorlede broer sodat sy naam nie in Israel vergeet word nie.

7. Maar as die dooie man se broer weier om met die weduwee te trou, moet sy na die stadspoort toe gaan en daar vir die leiers sê: ‘My man se broer weier om sy broer se naam in Israel te laat voortleef. Hy weier om sy plig as swaer na te kom.’

8. Die leiers van die stad sal hom dan laat roep en met hom begin redeneer. As hy volhou dat hy nie met haar wil trou nie,

9. moet die weduwee in die teenwoordigheid van die leiers oorstap na hom toe, sy sandaal uittrek en in sy gesig spoeg. Dan moet sy sê: ‘Dit is wat gebeur met ’n man wat weier om ’n nageslag vir sy broer te verwek.’

10. Dan sal daar na sy familie verwys word as ‘die familie van die man met die uitgetrekte sandaal’.

11. “As twee mans baklei en die vrou van die een probeer om haar man te help deur die ander man aan sy geslagsdele te gryp,

12. moet haar hand sonder verskoning afgekap word.

13. “Jy moet akkurate skale gebruik wanneer jy goed afweeg.

14. Jy moet ook die volle en eerlike maatbakke gebruik.

15. Gebruik die regte gewigte en maatbakke sodat jy ’n lang lewe mag geniet in die land wat die Here jou God vir jou gee.

16. Mense wat met oneerlike gewigte en maatbakke kul, is veragtelik vir die Here jou God.

17. “Onthou wat die Amalekiete aan jou gedoen het toe jy op pad was uit Egipte.

18. Hulle het jou aangeval toe jy moeg en uitgeput was. Hulle het ook dié wat agtergeraak het, om die lewe gebring. Hulle het geen vrees vir God gehad nie.

19. Daarom, as die Here jou God jou rus gegee het van al jou vyande in die land wat Hy aan jou gee as ’n erfenis, moet jy die Amalekiete uitroei en hulle gedagtenis onder die hemel uitwis. Moet dit nooit vergeet nie!”