Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 23:20-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

20. Jy mag rente hef van vreemdelinge, maar nie van mede-Israeliete nie sodat die Here jou God jou mag seën in die land wat jy nou gaan binnetrek en in besit gaan neem.

21. “As jy ’n gelofte teenoor die Here jou God maak, moenie uitstel om na te kom wat jy Hom belowe het nie. Die Here jou God vereis dat jy jou geloftes sal nakom. As jy dit nie doen nie, is jy skuldig aan sonde.

22. Maar om jou te weerhou van ’n gelofte, is geen sonde nie.

23. As jy egter vrywillig ’n gelofte gemaak het, wees versigtig en kom dit na, want dit is ’n gelofte wat jy aan die Here jou God gemaak het.

24. “Jy mag genoeg druiwe eet wanneer jy in jou naaste se wingerd kom, maar moenie iets in ’n mandjie wegvat nie.

25. Jy mag ook ’n paar are van jou naaste se koring met die hand pluk, maar jy mag dit nie met ’n sekel oes nie.”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 23