Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 20:6-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Het iemand ’n wingerd geplant en nog nie van die vrugte daarvan geëet nie? In so ’n geval, gaan huis toe! Jy kan dalk omkom in die geveg en dan is daar iemand anders wat jou druiwe gaan eet!

7. Het iemand pas verloof geraak? Gaan huis toe en gaan trou! Jy kan dalk in die geveg omkom en dan is daar iemand anders wat met jou verloofde trou.’

8. Dan sal die offisiere ook vra: ‘Is daar een van julle wat bang is? As dit so is, gaan dan huis toe voordat jy ook ander bang maak.’

9. “Wanneer die offisiere klaar met die troepe gepraat het, sal hulle die name van die eenheidsbevelvoerders aankondig.

10. “As jy ’n stad nader om dit aan te val, maak eers ’n vredesaanbod.

11. As hulle jou vredesvoorwaardes aanvaar en die poorte vir jou oopmaak, sal al die mense van die stad jou in dwangarbeid dien.

12. As hulle weier om die vredesaanbod te aanvaar en hulleself vir ’n geveg regmaak, moet jy die stad aanval.

13. As die Here jou God dit in jou hand gee, moet jy elke man in die stad doodmaak.

14. Die vroue, kinders, diere en ander buit mag jy vir jouself hou. Die buit van jou vyande wat die Here jou God vir jou gee, mag jy geniet.

15. Hierdie bepalings geld net vir die stede wat ver van jou af is en nie vir die stede van jou bure nie.

16. “Wat betref die stede van die nasies wat die Here jou God vir jou as ’n erfenis gee: Jy moet alles wat daarin lewe, doodmaak.

17. Jy moet die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en die Jebusiete heeltemal uitroei soos wat die Here jou God jou beveel het.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 20