Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 18:16-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. Dit is wat jy van die Here jou God gevra het toe jy by Sinaiberg bymekaar was: ‘Ons kan nie langer na die stem van die Here jou God luister of na die groot vuur kyk nie, anders gaan ons sterf.’

17. “Die Here het toe vir my gesê: ‘Dit is goed so. Ek sal doen wat hulle vra.

18. Ek sal ’n profeet soos jy onder die mede-Israeliete na vore laat kom. Ek sal die profeet voorsê wat om te sê en hy sal die volk alles vertel wat Ek hom beveel.

19. Ek sal self rekenskap eis van elkeen wat nie luister na die boodskappe wat die profeet namens My verkondig nie.

20. ’n Profeet wat in die naam van gode praat of wat valslik aanspraak maak om namens My te praat, moet sterf.’

21. Jy kan dalk wonder: ‘Hoe sal ons weet wanneer is die profesie van die Here of nie?’

22. As die profeet iets in die Naam van die Here sê en dit gebeur nie, dan het die Here nie daardie boodskap gegee nie. Die profeet het dan uit sy eie gepraat en jy hoef jou nie aan hom te steur nie.”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 18