Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 16:17-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Elkeen moet na sy vermoë gee ooreenkomstig die seën wat hy van die Here jou God ontvang het.”

18. “In al die dorpe wat die Here jou God vir jou gee, moet regters en amptenare aangestel word. Hulle moet die volk regverdig regeer.

19. Jy mag nie die reg verdraai of partydig wees nie. Moet nooit ’n omkoopgeskenk aanvaar nie, want omkoopgeskenke verblind die oë van wyse mense en verdraai die woorde van die regverdige.

20. Laat reg en geregtigheid geskied. So sal jy bly lewe en die land in besit neem wat die Here jou God vir jou gee.

21. “Jy mag nooit ’n Asjerapaal langs die altaar van die Here jou God oprig nie.

22. Jy mag ook nooit heilige pilare van aanbidding oprig nie. Die Here jou God haat sulke dinge.”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 16