Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 14:25-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

25. As dit so is, mag jy die tiende deel van jou oes en van jou diere verkoop en die geld neem na die plek wat die Here jou God kies.

26. Wanneer jy daar aankom, gebruik daardie geld om enigiets te koop wat jy wil: ’n bees, ’n skaap, wyn of bier. Jy en jou huishouding moet dan daar in die teenwoordigheid van die Here jou God feesvier.

27. Moenie die Leviete in jou gemeenskap vergeet nie, want hulle het geen erfdeel soos wat jy het nie.

28. “Aan die einde van elke derde jaar moet jy die tiende van die opbrengs van jou oes van daardie jaar na die naaste dorp bring en dit daar bêre.

29. Gee dit vir die Leviete wat nie ’n erfdeel soos jy het nie, asook vir die vreemdelinge wat tussen julle woon en vir die weeskinders en weduwees in jou dorpe sodat hulle kan eet en versadig word. Dan sal die Here jou God jou voorspoedig maak in al jou werk.”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 14