Ou Testament

Nuwe Testament

Daniël 12:5-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Ek, Daniël, het toe gekyk en daar was twee ander mans wat daar staan, een aan elke kant van die rivier.

6. Een van hulle het vir die man met fyn linneklere aan en wat bokant die water gestaan het, gevra: “Hoe lank sal dit duur voordat hierdie skrikwekkende dinge in vervulling gaan?”

7. Ek het gehoor hoe die man met die linneklere aan daar bokant die water sy hand in die lug opsteek en ’n eed aflê by Hom wat vir altyd lewe: “Dit sal ’n tyd, tye en ’n halwe tyd wees. Hierdie dinge sal gebeur wanneer die heilige volk se mag finaal vernietig is.”

8. Ek het gehoor wat hy sê, maar ek het dit glad nie verstaan nie. Daarom het ek gevra: “Meneer, wat sal die einde van al hierdie dinge wees?”

9. Hy sê toe: “Daniël, gaan nou maar. Hierdie woorde is gesluit en verseël tot in die eindtyd.

Lees volledige hoofstuk Daniël 12