Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 8:7-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Die Here, die Trots van Israel,het ’n eed gesweer: “Ek sal nooit vergeet wat Israel gedoen het nie!

8. Julle dade sal die aarde skud,almal op die aarde sal huil.Die wêreld sal opstyg soos die Nylen wegsak soos die rivier van Egipte.”

9. Die oppermagtige Here sê:“In dié tyd sal Ek die son teen die middag laat sak, en dit donker laat wordterwyl dit nog dag is.

10. Ek sal julle feestetye maak van rou en julle vrolike sangtot ’n klaagsang. Soos iemand rou oor die dood van ’n enigste kind, so sal julle rouklere dra en julle koppe kaal skeer.Dit sal ’n bitter dag wees!”

11. Die oppermagtige Here sê: “Die tyd kom dat Ek hongersnood oor die land sal stuur.Nie ’n honger na brood of water nie,maar om te hoor wat Ek sê.

12. Mense sal angstig soek na die woorde van die Here. Hulle sal soek van see tot see, van die noorde tot die ooste,maar dit nie kry nie.

13. In dié tydsal jong meisies en jong mansflou word van dors.

14. Dié wat sweer by die afgode van Samaria; hulle sal sê: ‘Die God van Dan leef verseker!’ en: ‘Daar is beslis ’n pad na Berseba toe.’Hulle sal almal neerval op die grond en nooit weer opstaan nie.”

Lees volledige hoofstuk Amos 8