Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 5:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Volk van Israel, luister na die woorde van die treurlied wat ek oor julle sing:

2. “Die jong meisie Israelhet geval.Sy sal nie weer opstaan nie!Sy lê verlate op die grond met niemand om haar op te help nie.”

3. So sê die oppermagtige Here:“As ’n stad in Israel 1 000 manskappe uitstuur, sal net 100 oorleef.As ’n stad 100 manskappe uitstuur, sal net tien dit oorleef.”

4. Verder sê die Herevir die volk Israel:“Kom terug na My toe, en leef!

5. Moenie afgode raadpleegin Bet-El nie. Moet ook nie na Gilgal gaanof na Berseba toe nie.Die mense van Gilgal sal in ballingskap gaan.Niks sal oorbly van die mense van Bet-El nie.”

6. Kom terug na die Here toe en leef! As julle dit nie doen nie, sal Hy soos vuur deur die nageslag van Josef trek.Die vlamme sal Bet-El verteer sonder dat iemand dit blus.

7. Julle verdraai die reg tot onreg,regverdigheid verwerp julle.

Lees volledige hoofstuk Amos 5