Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 2:11-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Sommige van julle seunshet Ek gekies om profete te wees. Ander jong mans het Ek gekiesom nasireërs te wees.”Die Here vra: “Is dit nie so nie, mense van Israel?

12. Julle laat nasireërs sondigdeur hulle wyn te laat drink.Vir die profete sê julle:‘Moenie profeteer nie!’

13. “Ek sal julle laat kreun soos ’n wa kreun wat met graangerwe oorlaai is.

14. Julle vinnigste hardloperssal nie wegkom nie.Die sterkes se krag sal nutteloos wees.Selfs die dapperste vegters sal hulleself nie kan red nie.

15. Die boogskutters sal moet terugval.Die vlugvoetiges sal dit nie regkry om te ontsnap nie.Selfs berede soldate sal hulle nie kan red nie.

16. Op daardie dag sal selfs julle dapperste vegters hulle wapens neergooi en vlug vir hulle lewens.”Dit is wat die Here sê!

Lees volledige hoofstuk Amos 2