Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 2:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Verder sê die Here:“Die mense van Moab het keer op keer gesondig.Ek sal hulle nie langer ongestraf laat nie!Die bene van Edom se koninghet hulle tot as verbrand.

2. Daarom steek Ek ’n vuur aanin die land Moab en die vestings van Kerijotsal verteer word.Moab sal omkom onder oorlogsrumoeren onder die geblaas van die trompet.

3. Ek sal hulle koning uitroei en al sy leiers saam met hom doodmaak.”So sê die Here.

4. Dit is wat die Here sê: “Die mense van Juda sondig keer op keer. Ek sal hulle nie langer ongestraf laat nie!Die gebooie van die Herehet hulle verwerp,sy voorskrifte nie nagekom nie.Hulle is misleideur dieselfde leuens as hulle voorouers.

5. Daarom sal Ek Juda aan die brand steek,al die vestings van Jerusalemverteer.”

6. Die Here sê:“Die mense van Israel het keer op keer gesondig.Ek sal hulle nie langer ongestraf laat nie!Hulle het die reg verdraai,eerlike mense vir geld verkoop en armes vir ’n paar sandale.

7. Hulle vertrap hulpelose mensein die stof van die aarde.Hulle tree onregverdig op teenoor behoeftige mense. ’n Seun en sy paslaap by dieselfde meisie.So bring hulle my Naam in die skande.

8. By elke altaar lê hulle op klerewat hulle as pand gevat het.In die tempel van hulle goddrink hulle wyn wat met boetegeld gekoop is.

Lees volledige hoofstuk Amos 2