Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 4:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Toe Is-Boset hoor dat Abner in Hebron dood is, het hy sy onmag besef en die hele Israel was lam van vrees.

2. Daar was twee broers, Baäna en Rekab, leiers van Is-Boset se rooftogbendes. Hulle was seuns van Rimmon, ’n Benjaminiet wat in Beërot gewoon het. Die dorp Beërot is deel van Benjamin se gebied

3. omdat die oorspronklike inwoners na Gittajim toe gevlug het en steeds daar as vreemdelinge woon.

4. Saul se seun Jonatan het ’n seun gehad met die naam Mefiboset wat van kindsbeen af kreupel was. Hy was vyf jaar oud toe Saul en Jonatan tydens die geveg by Jisreël gesneuwel het. Toe die nuus van die geveg die hoofstad bereik, het sy oppasser hom gegryp en gevlug. Maar terwyl sy hardloop, het sy gestruikel en die kind laat val sodat hy kreupel geword het.

5. Op ’n dag, op die warmte van die middag, het Baäna en Rekab, seuns van Rimmon, na die huis van Is-Boset toe gegaan terwyl hy ’n middagslapie geniet het.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 4