Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 24:19-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. Dawid het gedoen soos die Here deur Gad beveel het.

20. Toe Arauna sien dat die koning en sy amptenare na hom toe kom, het hy hom tegemoetgegaan en diep voor die koning gebuig.

21. “Hoekom kom my heer na sy dienaar toe?” vra Arauna.Dawid het geantwoord: “Ek het gekom om jou dorsvloer te koop om daar ’n altaar vir die Here te bou sodat die Here die plaag kan stop.”

22. “Vat dit gerus vir u, my heer die koning. Offer daar wat u wil,” sê Arauna vir Dawid. “Hier is ook osse vir die brandoffer. Die dorsslee en jukke kan u gebruik as brandhout.

23. Ek, Arauna, gee dit alles vir die koning. Mag die Here u God u offer aanvaar.”

24. Maar die koning het geantwoord: “Nee, Arauna, ek dring daarop aan om dit te koop teen die volle prys. Ek kan nie vir die Here my God brandoffers aanbied wat my niks kos nie.” Dawid het toe die dorsvloer en die osse vir omtrent 600 gram silwer gekoop.

25. Dawid het daar ’n altaar opgerig tot eer van die Here en brandoffers en maaltydoffers gebring. Daarna het die Here die gebede vir die land verhoor, en die plaag in Israel het opgehou.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 24