Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 23:20-38 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

20. Dan was daar Benaja seun van Jojada, ’n dapper vegter uit Kabseël. Hy het twee sterk manne in Moab doodgemaak. Op ’n dag toe dit gesneeu het, het hy in ’n droë put geklim en ’n leeu daar doodgemaak.

21. ’n Ander keer het hy ’n sterk Egiptenaar doodgemaak. Die Egiptenaar was gewapen met ’n spies, terwyl Benaja net ’n stok gehad het. Maar Benaja het die spies uit die man se hand geruk en hom met sy eie spies doodgemaak.

22. Dit is sommige van die dade wat Benaja seun van Jojada gedoen het. Hy was beroemd onder die Dertigtal.

23. Hy was meer geëerd as die ander lede van die Dertigtal, maar het nie een van die Driemanskap geword nie. Dawid het hom bevelvoerder van sy lyfwag gemaak.

24. Ander lede van die Dertigtal was: Asael, Joab se broer, Elganan seun van Dodo uit Betlehem,

25. Samma uit Garod, Elika uit Garod,

26. Geles uit Pelet, Ira seun van Ikkes uit Tekoa,

27. Abiëser uit Anatot, Sibbekai uit Gusa,

28. Salmon uit Agoag, Marai uit Netofa,

29. Geled seun van Baäna uit Netofa, Ittai seun van Ribai uit Gibea in Benjamin,

30. Benaja uit Piraton, Hiddai uit Nagale-Gaäs,

31. Abi-Albon uit Bet-Araba, Asmawet uit Bagurim,

32. Eljagba uit Saälbon, die seuns van Jasen, Jonatan, seun van

33. Samma die Harariet, Agiam seun van Sarar uit Arar,

34. Elifelet seun van Agasbai, die Maäkagiet, Eliam seun van Agitofel uit Gilo,

35. Gesro uit Karmel, Paärai uit Arab,

36. Jigal seun van Natan uit Soba, Bani uit Gad,

37. Selek die Ammoniet, Nagrai uit Beërot, wapendraer van Joab seun van Seruja,

38. Ira uit Jeter, Gareb uit Jeter,

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 23