Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 22:46-51 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

46. Vreemdelinge word moedeloosen kom bewend uit hulle vestings.

47. Die Here leef! Ek prys my Rots!Ek loof God, die rots van my redding,

48. God gee die oorwinning vir my,onderwerp volke aan my.

49. Hy red my van my vyande.Buite bereik van teenstanders verhef U my;U verlos my van geweldenaars.

50. Daarom, Here, sal ek U prys voor die nasies.Tot eer van u Naam sal ek ’n loflied sing!

51. U gee groot oorwinningsaan u koning;aan u gesalfde is U getrou,aan Dawid en sy nageslag vir altyd!

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 22