Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 22:29-49 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

29. U is my lig, o Here.Here, U verlig my duisternis.

30. Met U loop ek ’n leër storm,met my God spring ek oor ’n muur.

31. God se pad is volmaak.Die Here se woorde is betroubaar.Hy beskerm dié wat by Hom skuil.

32. Want wie anders as die Hereis God?Wie anders as ons God is ’n rots?

33. God maak my sterk;Hy maak my pad veilig.

34. Hy maak my voetesoos dié van ’n wildsbok,op hoë plekkelaat Hy my veilig staan.

35. Hy oefen my hande vir die geveg,my arms om ’n bronsboog te trek.

36. U redding is vir my ’n skild,u hulp maak my sterk.

37. U verbreed die pad onder myen my enkels swik nie.

38. Ek het my vyande agtervolg en vernietig,ek het nie omgedraai voordat hulle uitgewis was nie.

39. Ek het hulle oorrompel en platgeslaan;hulle kon nie opstaan nie;hulle het voor my voete gesneuwel.

40. U het my met krag toegerus vir die stryd,my teenstanders aan my onderwerp.

41. U het my vyande voor my laat vlug;my haters het ek uitgewis.

42. Hulle roep om hulp,maar niemand kom help nie;hulle roep selfs tot die Here, maar Hy antwoord hulle nie.

43. Ek maal hulle fynsoos die stof van die aarde;soos modder op straatlaat ek hulle uitmekaarspat.

44. In die stryd met teenstandershet U my verlos,my oor nasies as koning aangestel.’n Volk wat ek nie geken het nie,dien my nou.

45. Uitlanders word my onderdane;as hulle van my hoor,gehoorsaam hulle my.

46. Vreemdelinge word moedeloosen kom bewend uit hulle vestings.

47. Die Here leef! Ek prys my Rots!Ek loof God, die rots van my redding,

48. God gee die oorwinning vir my,onderwerp volke aan my.

49. Hy red my van my vyande.Buite bereik van teenstanders verhef U my;U verlos my van geweldenaars.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 22