Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 22:15-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. Hy skiet sy pyle, verstrooi sy vyande;sy weerlig flits, hulle is verbysterd.

16. Die bodem van die see word sigbaar,die fondamente van die aardeword ontblootdeur die gebulder van die Here,deur die rukwind van sy asem.

17. Van bo af het Hy sy hand uitgestrek en my gegryp,uit diepwaters het Hy my uitgetrek.

18. Hy verlos my van magtige vyande,van haters wat te sterk was vir my.

19. Hulle het aangeval toe ek swak was,maar die Here hou my staande.

20. Hy lei my na ’n oop ruimte,en red my omdat Hy my liefhet.

21. Die Here beloon my opregtheid;Hy vergoed my onskuld,

22. Want ek was getrouaan die voorskrifte van die Here;ek was nie skuldig teenoor my God nie.

23. Sy voorskrifte het ek gevolgen van sy bepalings nie afgewyk nie.

24. Ek is onskuldig voor Homen het myself weerhou van sonde.

25. Die Here het my opregtheid beloon,want ek was onskuldig voor Hom.

26. Vir die getroues is U getrou;vir die opregtes is U opreg.

27. Vir dié wat rein is, is U rein;vir dié wat vals is, is U vals.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 22