Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 22:1-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Nadat die Here Dawid van al sy vyande en van Saul verlos het, het hy hierdie lied tot eer van die Here gesing. Dit is die woorde van die lied:

2. Die Here is my rots,my vesting en my Redder;

3. my God is my rots, by wie ek skuil.Hy is my skild, die krag van my redding,my vesting, my toevlug,my verlosser wat my red van geweld.

4. Ek sal roep tot die Here,Hy wat lofwaardig is,want Hy red my van my vyande.

5. Golwe van die dood omring my;strome van onheil oorweldig my.

6. Bande van die dood omring my,strikke van die dood wag my in.

7. In my angs het ek tot die Here geroep,tot my God geroep om hulp.In sy heiligdom het Hy geluister;my hulpgeroep het Hy gehoor.

8. Toe het die aarde geskud en gebewe;die fondamente van die hemelehet gerammel;hulle het geruk vanweë sy toorn.

9. Rook het uit sy neusgate geborrel,verterende vlamme uit sy mond,gloeiende kole uit sy binnekant.

10. Hy het die hemele oopgebreek en afgekom;donkerte was onder sy voete.

11. Hy het op ’n gerub geklim en gevlieg,Hy is gesienop die vlerke van die wind.

12. Hy het homself in donkerte gehul,watermassas en onweerswolkehet Hom omsluier.

13. Uit die gloed voor Homhet weerligstrale geblits.

14. Die Here se stem donder uit die hemele;die Allerhoogste laat sy stem hoor.

15. Hy skiet sy pyle, verstrooi sy vyande;sy weerlig flits, hulle is verbysterd.

16. Die bodem van die see word sigbaar,die fondamente van die aardeword ontblootdeur die gebulder van die Here,deur die rukwind van sy asem.

17. Van bo af het Hy sy hand uitgestrek en my gegryp,uit diepwaters het Hy my uitgetrek.

18. Hy verlos my van magtige vyande,van haters wat te sterk was vir my.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 22