Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 16:18-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. “Nee! Ek is getrou aan die een vir wie die Here, hierdie mense en die magte van Israel gekies het. Al my lojaliteit gaan na hom toe,” antwoord Gusai.

19. “Wie sal ek dien? Behoort ek nie die seun te dien nie? Soos ek u pa gedien het, so sal ek nou vir u dien!”

20. Daarna vra Absalom vir Agitofel: “Gee julle nou vir my raad oor wat my nou te doen staan!”

21. Agitofel sê vir hom: “Gaan en slaap by jou pa se byvroue wat hy agtergelaat het om die paleis op te pas. Dan sal die hele Israel weet dat jy jou pa beledig het sodat daar geen sprake van versoening meer is nie. Dit sal u volgelinge se hande versterk.”

22. Hulle het toe ’n tent bo-op die dak van die paleis opgerig sodat almal kon sien hoe hy by sy pa se byvroue gaan slaap.

23. Absalom het Agitofel se raad aanvaar net soos Dawid gedoen het, want elke woord wat Agitofel gesê het, was destyds asof dit direk van God afkomstig was.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 16