Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 16:13-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Dawid en sy mense het verder getrek. Simeï het op die oorkantse heuwel gelyk met hulle geloop en gedurig bly vloek, klippe gegooi en stof opgeskop.

14. Die koning en sy geselskap het moeg by hulle bestemming aangekom en daar gerus.

15. Intussen het Absalom en die hele leër van Israel by Jerusalem aangekom. Agitofel was saam met hom.

16. Toe Dawid se vriend Gusai die Erekiet by Absalom aankom, sê hy vir hom: “Lank lewe die koning! Lank lewe die koning!”

17. “Is jy dan nie aan jou vriend getrou nie?” vra Absalom. “Hoekom het jy nie saam met hom gegaan nie?”

18. “Nee! Ek is getrou aan die een vir wie die Here, hierdie mense en die magte van Israel gekies het. Al my lojaliteit gaan na hom toe,” antwoord Gusai.

19. “Wie sal ek dien? Behoort ek nie die seun te dien nie? Soos ek u pa gedien het, so sal ek nou vir u dien!”

20. Daarna vra Absalom vir Agitofel: “Gee julle nou vir my raad oor wat my nou te doen staan!”

21. Agitofel sê vir hom: “Gaan en slaap by jou pa se byvroue wat hy agtergelaat het om die paleis op te pas. Dan sal die hele Israel weet dat jy jou pa beledig het sodat daar geen sprake van versoening meer is nie. Dit sal u volgelinge se hande versterk.”

22. Hulle het toe ’n tent bo-op die dak van die paleis opgerig sodat almal kon sien hoe hy by sy pa se byvroue gaan slaap.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 16