Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 31:4-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Daarby het hy bepaal dat die volk in Jerusalem die voorgeskrewe deel van hulle inkomste aan die priesters en Leviete moes bring sodat hulle hulleself kon toewy aan die gebooie van die Here.

5. Soos die bevel bekend geword het, het die Israeliete van die eerste opbrengste gebring. Dit was koring, nuwe wyn, olie, heuning en al die produkte van hulle landerye. Hulle het baie goed, die tiende van alles, gebring.

6. Die Israeliete wat uit Israel na Juda toe verhuis het, het ’n tiende van hulle groot- en kleinvee en van die heilige dinge toegewy aan die Here hulle God, en dit in hope opgestapel.

7. Hulle het in die derde maand hiermee begin en in die sewende maand is dit voltooi.

8. Toe Hiskia en sy amptenare hierdie hope sien, het hulle die Here en sy volk Israel gedank.

9. “Waar kom dit alles vandaan?” het Hiskia vir die priesters en Leviete gevra.

10. Asarja, die hoëpriester uit die stam van Sadok, het geantwoord: “Vandat die gawes na die tempel van Here gebring word, het ons genoeg om te eet en ons hou selfs daarvan oor. Die Here het sy volk geseën; daarom is daar so baie goed oor.”

11. Hiskia het gereël dat daar voorraadkamers in die tempel van die Here ingerig moes word. Dit is gedoen.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 31