Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 27:6-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Koning Jotam het baie magtig geword omdat hy in gehoorsaamheid aan die Here sy God gelewe het.

7. Die ander gebeurtenisse tydens Jotam se regering, sy oorloë en ander aktiwiteite, is opgeteken in Die boek van die konings van Israel en Juda.

8. Hy was 25 jaar oud toe hy koning geword het, en het sestien jaar in Jerusalem regeer.

9. Toe hy sterf, is hy in die Dawidstad begrawe. Sy seun Agas het hom opgevolg.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 27