Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 21:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Toe Josafat sterf, is hy in die Dawidstad by sy voorouers begrawe. Sy seun Joram het hom opgevolg.

2. Joram se broers, seuns van koning Josafat van Juda, was Asarja, Jegiël, Sagaria, Migael en Sefatja.

3. Hulle pa het waardevolle geskenke van silwer en goud, kosbare voorwerpe en ook versterkte stede in Juda aan elkeen van hulle gegee. Hy het die koningskap aan Joram gegee, want hy was die oudste.

4. Nadat Joram as koning gevestig was, het hy al sy broers en sommige van die ander leiers van Israel doodgemaak.

5. Joram was 32 jaar oud toe hy koning geword het en hy het agt jaar lank in Jerusalem regeer.

6. Maar Joram het die voorbeeld van die konings van Israel gevolg en was net so goddeloos soos koning Agab, want hy was met een van Agab se dogters getroud. Hy het gedoen wat baie verkeerd was vir die Here.

7. Maar die Here wou nie Dawid se koningshuis vernietig nie. Hy het immers ’n verbond met Dawid gesluit en belowe dat sy nageslag vir altyd op sy troon sou sit.

8. Gedurende Joram se regering het die Edomiete teen Juda in opstand gekom en vir hulleself ’n koning gekroon.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 21