Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 24:2-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Die Here het bendes Galdeërs, Arameërs, Moabiete en Ammoniete teen Juda gestuur om dit te verwoes net soos die Here deur sy dienaars die profete aangekondig het.

3. Hierdie rampe het oor Juda gekom op bevel van die Here. Hy het besluit om Juda uit sy teenwoordigheid weg te neem oor die baie sondes wat Manasse gedoen het.

4. Hy het baie onskuldige mense in Jerusalem doodgemaak, en die Here wou dit nie vergewe nie.

5. Die ander gebeurtenisse tydens Jojakim se bewind en alles wat hy gedoen het, is opgeteken in Die boek van die handelinge van die konings van Juda.

6. Toe Jojakim sterf, het sy seun Jojagin hom opgevolg.

7. Die koning van Egipte het daarna nooit weer buite sy land oorlog gemaak nie, want die koning van Babel het die hele gebied beset wat Egipte voorheen oorheers het, vanaf die Egiptespruit tot by die Eufraatrivier.

8. Jojagin was agtien jaar oud toe hy koning geword het en hy het drie maande in Jerusalem regeer. Sy ma was Negusta, die dogter van Elnatan uit Jerusalem.

9. Jojagin het gedoen wat verkeerd was vir die Here, net soos sy pa gedoen het.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 24