Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 24:16-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. Hy het ook 7 000 van die weerbare manne en 1 000 vakmanne en smede, almal wat geskik was vir oorlog, saamgeneem na Babel toe.

17. Daarna het die koning van Babel vir Mattanja, Jojagin se oom, as koning aangestel en sy naam na Sedekia verander.

18. Sedekia was 21 jaar oud toe hy koning geword het en hy het elf jaar in Jerusalem regeer. Sy ma was Gamutal, ’n dogter van Jeremia uit Libna.

19. Maar hy het gedoen wat verkeerd was vir die Here, net soos Jojakim gedoen het.

20. Daarom het die Here in sy toorn die inwoners van Jerusalem en Juda finaal voor Hom weggevee en hulle in ballingskap gestuur.Sedekia het teen die koning van Babel in opstand gekom.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 24