Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 24:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Gedurende Jojakim se regering het koning Nebukadnesar van Babel teen hom opgetrek. Jojakim het oorgegee en drie jaar lank aan hom belasting betaal, maar daarna teen Nebukadnesar in opstand gekom.

2. Die Here het bendes Galdeërs, Arameërs, Moabiete en Ammoniete teen Juda gestuur om dit te verwoes net soos die Here deur sy dienaars die profete aangekondig het.

3. Hierdie rampe het oor Juda gekom op bevel van die Here. Hy het besluit om Juda uit sy teenwoordigheid weg te neem oor die baie sondes wat Manasse gedoen het.

4. Hy het baie onskuldige mense in Jerusalem doodgemaak, en die Here wou dit nie vergewe nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 24