Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 17:23-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

23. Uiteindelik het die Here hulle finaal verwyder, net soos Hy deur al sy dienaars die profete gewaarsku het. Israel is uit hulle land weggevoer na Assirië toe, waar hulle vandag nog is.

24. Die koning van Assirië het mense uit Babel, Kuta, Awwa, Hamat en Sefarwajim verskuif en in die dorpe van Samaria in die plek van die Israeliete laat vestig. Hulle het Samaria oorgeneem en in die stede gaan woon.

25. Omdat hierdie vreemdelinge nie die Here vereer het toe hulle daar aangekom het nie, het die Here leeus gestuur wat sommige van hulle doodgemaak het.

26. Daarom stuur hulle toe ’n boodskap na die koning van Assirië: “Die nasies wat u in die dorpe van Samaria hervestig het, weet nie hoe om die God van die land te aanbid nie. Hy het leeus onder hulle losgelaat wat hulle doodmaak omdat hulle nie weet hoe hulle Hom moet vereer nie.”

27. Die koning van Assirië beveel toe: “Stuur een van die priesters wat uit Samaria weggevoer is daarheen terug. Hy moet daar gaan woon en die nuwe inwoners leer aangaande die godsdienstige gebruike ter ere van die God van die land.”

28. Een van die priesters wat uit Samaria weggevoer is, het toe teruggekom. Hy het in Bet-El gaan woon en die nuwe inwoners geleer hoe om die Here te aanbid.

29. Maar elkeen van die nasies het tog voortgegaan om ook hulle eie afgode te maak in die stede en dorpe waar hulle gewoon het. Hulle het dit neergesit in die tempels op die hoogtes wat die mense van Samaria destyds opgerig het.

30. Die mense uit Babel het Sukkot-Benot gemaak, dié uit Kuta vir Nergal, dié uit Hamat vir Asima,

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 17