Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 13:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. In die 23ste regeringsjaar van koning Joas seun van Ahasia in Juda het Joahas seun van Jehu koning geword in Israel. Hy het sewentien jaar in Samaria regeer.

2. Hy het gedoen wat verkeerd was vir die Here. Hy het net soos Jerobeam seun van Nebat vir Israel tot afgodery verlei. Hy het nie daarvan afgewyk nie.

3. Daarom was die Here kwaad vir Israel en het Hy toegelaat dat koning Gasael van Aram en sy seun Ben-Hadad Israel keer op keer verslaan.

4. Maar Joahas het tot die Here gebid om hulp en die Here het sy gebed verhoor. Die Here het gesien hoe die koning van Aram vir Israel onderdruk.

5. Daarom het die Here ’n redder verwek om Israel van die tirannie van Aram te verlos. Daarna kon die Israeliete weer soos voorheen in hulle eie huise lewe.

6. Nogtans het hulle voortgegaan om te sondig deur die bose voorbeeld van Jerobeam na te volg. Selfs die Asjerabeeld het in Samaria bly staan.

7. Joahas se leër is verminder tot 50 berede troepe, tien strydwaens en 10 000 voetsoldate. Die koning van Aram het die ander doodgemaak soos stof onder sy voete.

8. Die ander gebeurtenisse tydens Joahas se bewind, alles wat hy gedoen het en sy dapper dade, is opgeteken in Die boek van die handelinge van die konings van Israel.

9. Toe Joahas sterf, is hy in Samaria begrawe. Sy seun Joas het in sy plek koning geword.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 13