Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 31:7-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Toe die Israeliete aan die oorkant van die Jisreëllaagte en oorkant die Jordaan sien dat die leër verslaan is en Saul en sy seuns dood is, het hulle die dorpe verlaat en gevlug. Daarna het die Filistyne hierdie dorpe beset en daar gaan woon.

8. Die volgende dag, toe die Filistyne gaan om die lyke te plunder, kry hulle die lyke van Saul en sy drie seuns daar op Gilboaberg.

9. Hulle het Saul se kop afgekap en sy wapenrusting afgestroop. Hulle het dit deur die hele land van die Filistyne rondgestuur om die goeie nuus te versprei en om dit in die tempel van hulle afgode en onder die mense bekend te maak.

10. Hulle het Saul se wapenrusting in die tempel van Astarte uitgestal en sy liggaam teen die muur van Bet-San opgehang.

11. Toe die inwoners van Jabes in Gilead hoor wat die Filistyne aan Saul gedoen het,

12. het hulle manskappe die hele nag deur na Bet-San toe getrek en die liggame van Saul en sy seuns van die muur afgehaal. Hulle het dit na Jabes toe gebring en dit daar verbrand.

13. Die bene het hulle onder die tamariskboom in Jabes begrawe. Daarna het hulle sewe dae lank gevas.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 31