Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 3:17-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. “Wat het die Here vir jou gesê? Moenie iets vir my wegsteek nie. Mag God met jou afreken as jy my nie alles sê wat jy gehoor het nie!”

18. Toe vertel Samuel alles vir Eli. Hy het niks weggesteek nie. “Dit is die Here se wil,” sê Eli. “Hy is die Here. Laat Hom doen wat Hy dink goed is.”

19. Samuel het grootgeword, en die Here was met hom. Alles wat hy gesê het, het waar geword.

20. Almal in Israel oor die hele land het geweet dat Samuel as profeet van die Here betroubaar was.

21. Die Here het weer in Silo verskyn en daar sy woord aan Samuel geopenbaar. Samuel se woorde was aan die hele Israel gerig.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 3