Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 15:23-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

23. Opstandigheid is net so ’n oortreding soos waarsêery,en hardkoppigheid is net so ’n sondesoos afgodery.Omdat jy die Here se woord verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.”

24. Toe bely Saul: “Ek het gesondig. Ek was ongehoorsaam aan die Here se opdrag en u voorskrifte, want ek was bang vir die manskappe en het aan hulle versoeke toegegee.

25. Maar nou vra ek om vergifnis en dat u saam met my sal gaan om die Here te aanbid.”

26. Maar Samuel antwoord: “Ek sal nie saam met jou gaan nie! Omdat jy die Here se opdrag verwerp het, het Hy jou verwerp as koning oor Israel.”

27. Toe Samuel omdraai om te gaan, gryp Saul aan sy kleed sodat dit geskeur het.

28. Samuel sê vir hom: “Die Here het vandag die koninkryk van Israel van jou afgeskeur en dit vir iemand anders gegee wat beter is as jy.

29. Die Ewige van Israel lieg nie en sal ook nie sy plan verander nie, want Hy is nie ’n mens wat van gedagte verander nie!”

30. Saul het weer by hom gepleit: “Ek weet ek het gesondig. Maar asseblief, eer my voor die leiers en die manskappe deur saam met my te gaan om die Here u God te aanbid.”

31. Uiteindelik het Samuel ingestem en saam met hom gegaan. Saul het toe die Here aanbid.

32. Samuel sê toe vir Saul: “Bring Agag, koning van die Amalekiete, hier na my toe.” Agag kom toe vol verwagtings, en sê vir homself: “Hulle gaan my beslis nie doodmaak nie!”

33. Maar Samuel sê: “Soos jou swaard baie ma’skinderloos gemaak het,so sal jou manou kinderloos wees.”Toe het Samuel vir Agag voor die Here in Gilgal in stukke gekap.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 15