Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 8:4-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Abisua, Naäman, Agoag,

5. Gera, Sefufan en Guram.

6. Die seuns van Egud, almal leiers van families wat by Geba gebly het, is uitgedryf en het na Managat getrek.

7. Egud se seuns was Naäman, Agija en Gera. Gera, pa van Ussa en Agigud, het hulle gelei toe hulle getrek het.

8. Nadat Sagarajim sy vroue Gusim en Baära geskei het, het hy kinders in die land Moab gehad.

9. Godes, sy nuwe vrou, het geboorte gegee aan Jobab, Sibja, Mesa, Malkam,

10. Jeüs, Sakeja en Mirma. Hierdie seuns het almal die leiers van families geword.

11. Sagarajim se vrou Gusim het alreeds geboorte gegee aan Abitub en Elpaäl.

12. Die seuns van Elpaäl was Eber, Misam, Semed wat Ono en Lod en hulle omliggende dorpies gebou het,

13. asook Beria en Sema. Hulle was die leiers van families wat in Ajalon gebly het en die inwoners van Gat verjaag het.

14. Agjo, Sasak, Jeremot,

15. Sebadja, Arad, Eder,

16. Migael, Jispa en Joga was die seuns van Beria.

17. Sebadja, Mesullam, Giski, Geber,

18. Jismerai, Jislia en Jobab was die seuns van Elpaäl.

19. Jakim, Sikri, Sabdi,

20. Eliënai, Silletai, Eliël,

21. Adaja, Beraja en Simrat was die seuns van Simi.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 8