Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 8:18-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Jismerai, Jislia en Jobab was die seuns van Elpaäl.

19. Jakim, Sikri, Sabdi,

20. Eliënai, Silletai, Eliël,

21. Adaja, Beraja en Simrat was die seuns van Simi.

22. Jispan, Eber, Eliël,

23. Abdon, Sikri, Ganan,

24. Gananja, Elam, Antotija,

25. Jifdeja en Penuel was die seuns van Sasak.

26. Samserai, Segarja, Atalia,

27. Jaäresja, Elia en Sikri was die seuns van Jerogam.

28. Hulle was die leiers van familiegroepe, en hulle name is opgeteken in die geslagsregister. Hulle het almal in Jerusalem gewoon.

29. Gibeon se pa het in Gibeon gewoon. Sy vrou se naam was Maäka,

30. en hulle oudste seun se naam was Abdon. Die ander seuns was Sur, Kis, Baäl, Nadab,

31. Gedor, Agjo, Seker en

32. Miklot wat die pa van Sima was. Al dié families het naby mekaar in Jerusalem gebly.

33. Ner was die pa van Kis. Kis was die pa van Saul. Saul was die pa van Jonatan, Malkisua, Abinadab en Es-Baäl.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 8