Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 6:73-81 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

73. Ramot en En-Gannim, elkeen met sy weivelde.

74. In die grondgebied van Aser het hulle Misal, Abdon,

75. Gukok en Regob, elkeen met sy weivelde gekry.

76. In die grondgebied van Naftali het hulle Kedes in Galilea, Gammon en Kirjatajim, elkeen met sy weivelde, gekry.

77. Die oorblywende afstammelinge van Merari het in die grondgebied van Sebulon die stede van Jokneam, Karta, Rimmon en Tabor, elkeen met sy weivelde, gekry.

78. Van die grondgebied van Ruben, oorkant die Jordaan oos van Jerigo, het hulle Beser, ’n woestynstad, Jahas,

79. Kedemot en Mefaät, elkeen met sy weivelde, gekry.

80. En in die grondgebied van Gad het hulle Ramot in Gilead, Maganajim,

81. Gesbon en Jaser, elkeen met sy weivelde, gekry.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 6