Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 6:63-76 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

63. Die afstammelinge van Merari het deur die gewyde lot twaalf stede gekry in die grondgebied van Ruben, Gad en Sebulon.

64. So het die mense van Israel al hierdie stede met hulle weivelde aan die Leviete afgestaan.

65. Die stede in die grondgebiede van Juda, Simeon en Benjamin wat pas genoem is, is almal deur die gewyde lot aangewys.

66. Die afstammelinge van Kehat het in die grondgebied van Efraim hierdie stede ontvang, elkeen met sy omliggende weiveld:

67. Sigem wat ’n vrystad in die bergland van Efraim is, Geser,

68. Jokmeam, Bet-Goron,

69. Ajalon en Gat-Rimmon.

70. Die oorblywende afstammelinge van Kehat het hierdie stede in die grondgebied van die halwe stam van Manasse gekry: Aner en Jibleam, elkeen met sy weiveld.

71. Die afstammelinge van Gerson het in die grondgebied van die halwe stam van Manasse Golan in Basan met sy weiveld en Astarot met sy weiveld gekry.

72. In die grondgebied van Issaskar is aan hulle gegee: Kedes, Daberat,

73. Ramot en En-Gannim, elkeen met sy weivelde.

74. In die grondgebied van Aser het hulle Misal, Abdon,

75. Gukok en Regob, elkeen met sy weivelde gekry.

76. In die grondgebied van Naftali het hulle Kedes in Galilea, Gammon en Kirjatajim, elkeen met sy weivelde, gekry.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 6