Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 4:25-36 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

25. Die afstammelinge van Saul was Sallum, Mibsam en Misma.

26. Die afstammelinge van Misma was Gammuel, Sakkur en Simi.

27. Simi het sestien seuns en ses dogters gehad, maar nie een van sy broers het groot families gehad nie. Daarom het die stam van Simeon nooit so groot soos die stam van Juda geword nie.

28. Hulle het in Berseba, Molada, Gasar-Sual,

29. Baäla, Esem, Eltolad,

30. Betuel, Gorma, Siklag,

31. Bet-Markabot, Gasar-Susim, Bet-Biri en Saärajim gebly. Hierdie stede was onder hulle toesig tot die tyd van koning Dawid.

32. Hulle afstammelinge het in die vyf stede Etam, Ajin, Rimmon, Token en Asan gebly,

33. en in al hulle omringende dorpe tot so ver as Baäl. Dit was hulle grond, en hierdie name is in hulle geslagsregister opgeskryf.

34. Ander afstammelinge van Simeon was Mesobab, Jamlek, Josa, seun van Amasia,

35. Joël, Jehu, seun van Josibja, seun van Seraja, seun van Asiël,

36. Eljoënai, Jaäkoba, Jesogaja, Asaja, Adiël, Jesimiël, Benaja

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 4