Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 4:22-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

22. Jokim en die mense van Koseba, Joas en Saraf, wat oor Moab en Jasubi-Legem geheers het. Hierdie name kom almal uit antieke rekords.

23. Hulle was die pottebakkers wat in Netaïm en Gedera gewoon het. Hulle het vir die koning gewerk.

24. Die seuns van Simeon was Jemuel, Jamin, Jarib, Serag en Saul.

25. Die afstammelinge van Saul was Sallum, Mibsam en Misma.

26. Die afstammelinge van Misma was Gammuel, Sakkur en Simi.

27. Simi het sestien seuns en ses dogters gehad, maar nie een van sy broers het groot families gehad nie. Daarom het die stam van Simeon nooit so groot soos die stam van Juda geword nie.

28. Hulle het in Berseba, Molada, Gasar-Sual,

29. Baäla, Esem, Eltolad,

30. Betuel, Gorma, Siklag,

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 4