Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 24:5-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Alle take is tussen die groepe verdeel deur middel van die gewyde lot sodat niemand voorkeur gekry het nie, want daar was baie bekwame amptenare wat God in die heiligdom kon dien tussen die afstammelinge van beide Eleasar en Itamar.

6. Die sekretaris Semaja, seun van Netanel, ’n Leviet, het al die name opgeteken in die teenwoordigheid van die koning, die leiers, Sadok, die priester, Agimelek, seun van Abjatar, en die familieleiers van die priesters en Leviete. Die afstammelinge van Eleasar en Itamar is om die beurt met die lot aangewys.

7. Die eerste lot het op Jojarib geval. Die tweede het op Jedaja geval.

8. Die derde het op Garim geval. Die vierde het op Seorim geval.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 24