Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 24:25-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

25. saam met Jissija, die broer van Miga.Van die afstammelinge van Jissija was Sagaria die leier.

26. Van die afstammelinge van Merari was Magli en Musi die leiers.Van die afstammelinge van Jaäsija was Beno die leier.

27. Van die afstammelinge van Merari was die leiers Soham, Sakkur en Ibri.

28. Van die afstammelinge van Magli was Eleasar die leier, maar hy het nie seuns gehad nie.

29. Van die afstammelinge van Kis was Jeragmeël die leier.

30. Van die afstammelinge van Musi was Magli, Eder en Jerimot die leiers. Hierdie was almal die afstammelinge van Levi volgens hulle families.

31. Soos die afstammelinge van Aäron is hulle ook aan dienswerke toegewys deur middel van die gewyde lot, sonder om ouderdom of rang in ag te neem. Dit is in die teenwoordigheid van koning Dawid, Sadok, Agimelek en die familieleiers van die priesters en Leviete gedoen.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 24