Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 24:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Dit is hoe Aäron se afstammelinge, die priesters, in groepe ingedeel was vir dienswerk. Die seuns van Aäron was Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar.

2. Maar Nadab en Abihu het voor hulle pa gesterf, en hulle het geen seuns gehad nie. Net Eleasar en Itamar was oor om as priesters te dien.

3. Met die hulp van Sadok, wat ’n afstammeling van Eleasar was, en van Agimelek, wat ’n afstammeling van Itamar was, het Dawid hulle in groepe ingedeel volgens hulle verskillende dienswerke.

4. Eleasar se nageslag is in sestien groepe verdeel en Itamar in agt groepe, want daar was meer familieleiers tussen die afstammelinge van Eleasar.

5. Alle take is tussen die groepe verdeel deur middel van die gewyde lot sodat niemand voorkeur gekry het nie, want daar was baie bekwame amptenare wat God in die heiligdom kon dien tussen die afstammelinge van beide Eleasar en Itamar.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 24