Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 23:4-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Toe het Dawid gesê: “Van hulle moet 24 000 toesig hou oor die werk by die tempel van die Here. En 6 000 moet as amptenare en regters werk.

5. 4 000 moet as poortwagters werk en nog 4 000 moet die Here loof met die musiekinstrumente wat ek gemaak het.”

6. Toe het Dawid die Leviete in afdelings opgedeel, genoem na die drie seuns van Levi, naamlik Gerson, Kehat en Merari.

7. Die Gersoniete se families is gedefinieer deur hulle afstamming van Ladan en Simi, seuns van Gerson.

8. Drie van die afstammelinge van Ladan was Jegiël, die familieleier, Setam en Joël.

9. Drie van die afstammelinge van Simi was Selomit, Gasiël en Haran. Hulle was die leiers van die familie van Ladan.

10. Vier ander afstammelinge van Simi was Jagat, Sisa, Jeüs en Beria.

11. Jagat was die familieleier, en Sisa was volgende. Jeüs en Beria is as een familie getel omdat nie een van hulle baie seuns gehad het nie.

12. Die afstammelinge van Kehat het Amram, Jishar, Hebron en Ussiël ingesluit.

13. Die seuns van Amram was Aäron en Moses. Aäron en sy afstammelinge is afgesonder om die hoogheilige dinge te wy, om offers in die Here se teenwoordigheid te bring, om die Here te dien en om altyd seëninge in sy Naam uit te spreek.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 23