Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 23:1-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Toe Dawid al ’n ou man was, by die einde van sy lewe, het hy sy seun Salomo as koning oor Israel aangestel.

2. Dawid het al die leiers van Israel bymekaargeroep, saam met die priesters en Leviete, vir die kroningseremonie.

3. Al die Leviete wat 30 jaar en ouer was, is getel, en hulle was 38 000 in totaal.

4. Toe het Dawid gesê: “Van hulle moet 24 000 toesig hou oor die werk by die tempel van die Here. En 6 000 moet as amptenare en regters werk.

5. 4 000 moet as poortwagters werk en nog 4 000 moet die Here loof met die musiekinstrumente wat ek gemaak het.”

6. Toe het Dawid die Leviete in afdelings opgedeel, genoem na die drie seuns van Levi, naamlik Gerson, Kehat en Merari.

7. Die Gersoniete se families is gedefinieer deur hulle afstamming van Ladan en Simi, seuns van Gerson.

8. Drie van die afstammelinge van Ladan was Jegiël, die familieleier, Setam en Joël.

9. Drie van die afstammelinge van Simi was Selomit, Gasiël en Haran. Hulle was die leiers van die familie van Ladan.

10. Vier ander afstammelinge van Simi was Jagat, Sisa, Jeüs en Beria.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 23