Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 2:42-52 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

42. Die oudste seun van Kaleb, broer van Jeragmeël, was Mesa, die pa van Sif. Kaleb se tweede seun was Maresa, die pa van Hebron.

43. Die seuns van Hebron was Korag, Tappuag, Rekem en Sema.

44. Sema was die pa van Ragam. Ragam was die pa van Jorkoam. Rekem was die pa van Sammai.

45. Die seun van Sammai was Maon. Maon was die pa van Bet-sur.

46. Kaleb se byvrou Efa het geboorte gegee aan Garan, Mosa en Gases. Garan was die pa van Gases.

47. Die seuns van Jodai was Regem, Jotam, Gesan, Pelet, Efa en Saäf.

48. Nog een van Kaleb se byvroue, Maäka, het geboorte gegee aan Seber en Tirgana.

49. Sy het ook geboorte gegee aan Saäf, die pa van Madmanna, en Sewa, die pa van Makbena en Giba. Kaleb het ook ’n dogter gehad met die naam Aksa.

50. Dit was die afstammelinge van Kaleb. Die seuns van Gur, die oudste seun van Kaleb se vrou Efrata, was Sobal, die pa van Kirjat-Jearim,

51. Salma, die pa van Betlehem, en Garef, die pa van Bet-Gader.

52. Die afstammelinge van Sobal, die pa van Kirjat-Jearim, was Reaja, helfte van Managat

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 2