Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 7:33-44 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

33. Elke wiel was ’n driekwart meter in deursnee en was soos strydwawiele gemaak. Die asse, speke en nawe was alles in een stuk gegiet.

34. Op elkeen van die hoeke van die waentjies was daar staanders wat in een stuk met die waentjie gemaak is.

35. Rondom die bokant van elke waentjie was daar ’n ronde staander, ’n kwart meter hoog, met staanders en sypanele wat die kante toegemaak het.

36. Die sypanele en staanders het Hiram oral waar daar ruimte daarvoor was, versier met gerubs, leeus en palmbome, en met kranse reg rondom.

37. Al tien waentjies was eenders en van dieselfde grootte, want elkeen is in dieselfde gietvorm gemaak.

38. Hiram het ook tien waskomme van brons gemaak, een vir elke waentjie. Elkeen was twee meter in deursnee en kon 880 liter hou.

39. Hy het vyf waentjies aan die suidekant van die tempel gesit en die ander vyf aan die noordekant. Die waterbak het hy by die suidoostelike hoek van die tempel gesit.

40. Verder het hy ook wasbakke, grawe en komme vir besprinkeling gemaak.So het Hiram alles voltooi wat koning Salomo aan hom opgedra het vir die bou van die tempel vir die Here. Dit was:

41. twee pilare, twee komvormige skywe bo-op die pilare, twee rye kettings rondom wat die kapitele versier het;

42. 400 granate wat aan die kettings van die kapitele gehang het (dit is twee rye granate vir elke ry kettings wat rondom die kapitele bo-op die pilare gehang het);

43. die tien waterwaentjies met hulle tien wasbakke;

44. die waterbak met die twaalf beeste daaronder;

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 7