Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 4:1-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Koning Salomo het nou oor die hele Israel regeer.

2. Sy hoofamptenare was die volgende:Asarja seun van Sadokwas die hoëpriester.

3. Eligoref en Agija, die seuns van Sisa,was hofsekretarisse.Josafat seun van Agilud was die geskiedskrywer.

4. Benaja seun van Jojadawas opperbevelvoerder van die leër.Sadok en Abjatar was die priesters.

5. Asarja seun van Natanwas oor die streekbestuurders.Sabud seun van Natan was ’n priesteren die koning se persoonlikeraadgewer.

6. Agisar was die paleisopsigter.Adoniram seun van Abdawas oor die dwangarbeiders.

7. Salomo het ook twaalf streekbestuurders deur die hele Israel aangestel om lewensmiddele vir die koning en sy huishouding in te samel. Elkeen was verantwoordelik vir die voorraad van een maand in die jaar.

8. Die name van die twaalf streekbestuurders was:Ben-Gur in die bergland van Efraim.

9. Ben-Deker in Makas, Saälbim,Bet-Semes en Elon-Bet-Ganan.

10. Ben-Gesed in Arubbot, insluitend Sokoen die hele Geferstreek.

11. Ben-Abinadab in die bergland van Dor.Hy was getroud met Tafat,een van Salomo se dogters.

12. Baäna seun van Agiludin Taänak en Megiddoen ook in Bet-San, wat grens aan Saretanonderkant Jisreël,vanaf Bet-Santot by Abel-Megolaen tot anderkant Jokmoam.

13. Ben-Geber in Ramot-Gilead,asook die tentdorpevan Jaïr seun van Manasse in Gilead,die Argobgebied van Basan,asook 60 ommuurde stede met poortgrendels van brons.

14. Aginadab seun van Iddo in Maganajim.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 4