Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 20:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Koning Ben-Hadad van Aram het sy leër opgeroep. Hy is gesteun deur 32 konings met hulle perde en strydwaens. Hulle het Samaria, die hoofstad van Israel, beleër en dit aangeval.

2. Ben-Hadad het boodskappers die stad in gestuur na koning Agab van Israel

3. en vir hom laat weet: “Ben-Hadad sê: ‘Jou silwer en goud behoort aan my, ook die mooiste van jou vroue en kinders.’”

4. “Dis goed so, my heer,” antwoord Agab terug. “Ek en alles wat ek besit, behoort aan u!”

5. Ben-Hadad se boodskappers het weer by Agab gekom en gesê: “Ben-Hadad laat weet: ‘Ek het reeds geëis dat jy jou silwer en goud, jou vroue en kinders vir my moet gee.

6. Maar môre omtrent hierdie tyd stuur ek my amptenare om jou paleis en die wonings van jou onderdane te deursoek. Hulle sal alles vat wat jy as waardevol beskou.’”

7. Die koning van Israel roep toe al die leiers van die land bymekaar en sê: “Let op hoe hierdie man nou moeilikheid soek! Ek het reeds ingestem toe hy my vroue en kinders, my silwer en goud opgeëis het.”

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 20