Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 17:18-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Sy sê toe vir Elia: “Man van God, kyk wat het jy aan my gedoen! Het jy gekom om my aan my sondes te herinner en om my seun dood te maak?”

19. Maar Elia antwoord: “Gee jou seun vir my.” Hy het die seun uit haar arms geneem en hom na die bokamer waar hy gebly het, geneem en op sy bed neergelê.

20. Elia pleit toe by die Here: “O Here my God, moes U hierdie ramp oor die vrou bring by wie ek bly en haar seun laat sterf?”

21. Hy het homself drie keer oor die kind uitgestrek en by die Here gepleit: “O Here my God, laat hierdie kind tog weer lewe.”

22. Die Here het Elia se gebed verhoor en die kind het weer lewendig geword.

23. Toe bring Elia die kind uit die bokamer af ondertoe en gee hom terug vir sy ma en sê: “Kyk, jou seun lewe!”

24. Die weduwee sê toe vir Elia: “Nou weet ek vir seker dat jy ’n man van God is en dat die Here regtig die waarheid deur jou praat.”

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 17