Ou Testament

Nuwe Testament

Titus 3:9-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Moet tog nie betrokke raak in dwase twisgesprekke en geslagsregisters of in twiste en struwelinge oor die wet nie, want dit is onproduktief en tevergeefs.

10. Vermy ’n skeurmaker wat na een of twee vermanings nog daarmee voortgaan

11. omdat jy weet dat sulke persone die spoor byster is. Deur hulle eie sonde veroordeel hulle hulleself.

12. Wanneer ek Artemas of Tigikus na jou toe stuur, moet jy jou bes doen om my in Nikopolis te ontmoet, want ek het besluit om daar te oorwinter.

13. Doen jou bes om Senas, die regsgeleerde, en Apollos met hulle reis te help sodat hulle niks kortkom nie.

14. Ons mense moet leer om nie onproduktief te leef nie. Hulle moet uitmunt in goeie dade om in ander se behoeftes te voorsien.

15. Almal hier by my stuur groete. Dra ons groete oor aan al die gelowiges wat liefde teenoor ons koester.Mag die genade van God met julle almal wees.

Lees volledige hoofstuk Titus 3